Die Nasionale Gesamentlike Operasionele Intelligensiestrukture, NATJOINTS sê hy het veiligheidsmaatreëls in gestel vir die Staatsrede Donderdagaand in die Kaapstadse Staadsaal deur president Cyril Rampahosa gelewer gaan word.
Die polisie, weermag en die staatsveiligheidsagentskap is by die maatreëls betrek. NATJOINTS sê veiligheidsmagte is ontplooi en is op ‘n gereedsheidsgrondslag vir voor, tydens en na die staatsrede. ‘n Verbode vliegsone binne drie kilometer van die stadsaal sal tussen eenuur en middernag geld. Hommeltuie word ook verbied. Inwoners, ondernemings en toeskouers is in kennis gestel van strate in die omgewing wat vir verkeer gesluit is.
Dié berig is deur Radio Rosestad verskaf. Volg dié radio-stasie hier.



