Eskom ontken foutiewe uitbetaling van R4 miljard

Deel hierdie storie / Share this story

Ná ’n plasing wat Carl Niehaus en ander op Twitter gedeel het waarin beweer word dat Eskom “verkeerdelik” R4 miljard aan ’n persoon betaal het, het Eskom gereageer.

Die betrokke plasing het die saak van Sibongile Mani uitgelig wat ‘n groot som geld van NSFAS gekry het en later vir diefstal aangekla is toe dit ontdek is dat sy ‘n groot deel van die geld wat per ongeluk in haar rekening inbetaal is, spandeer het.

Eskom is by die situasie ingetrek toe die plasing beweer het Eskom het verkeerdelik R4 miljard aan ‘n steenkoolverskaffer betaal wat hulle toe na bewering nie kon terugkry nie.

Die plasing is baie keer gedeel en Eskom het uiteindelik ‘n verklaring vrygestel om die bewerings dat hulle nie net met ‘n R4 miljard-betaling geknoei het nie, maar ook versuim het om enige aksie te neem, te weerlê.

In ‘n plasing wat op die saak gereageer het, het die kragvoorsiener die aantygings wat teen hom gemaak is, ontken.

Bronne: MSN, The World News

Lees ook; Regter Mandisa Maya aangemoedig om die pos van hoofregter te ‘weier’

Volg FiND iT hier.