Die Hoogste Hof van Appèl het bevestig dat onderhoudsbevele ná 30 jaar verval as dit nie gewysig word nie.
Die gevolg van dié bevel is dat ‘n man agterstallige onderhoud moet betaal 29 jaar nadat hy geskei is. Die agterstallige skuld beloop meer as R3 miljoen.
Terwyl Simon Arcus nie die feit dat hy agterstallig was, betwis nie, het hy gesê die onderhoudsbevel waartoe hy ingestem het toe hy en sy vrou Jill in 1993 geskei is, het ná drie jaar verval.
Volgens die ooreenkoms moes Simon Jill maandeliks onderhoud betaal tot haar dood of totdat sy weer trou. Hy moes ook onderhoud aan sy twee kinders betaal totdat hulle selfonderhoudend geword het.
Die een het in 2002 selfonderhoudend geword en die ander een in 2005. Hoewel haar man versuim het om die onderhoud te betaal wat in die ooreenkoms bepaal is, het Jill nie stappe gedoen om die agterstallige skuld te verhaal nie, tot Desember 2018, toe sy haar prokureurs opdrag gegee het om ‘n aanmaningsbrief aan haar voormalige man te stuur.
Nieteenstaande die eis het hy versuim om die agterstallige skuld te betaal, maar het die maandelikse onderhoud wat aan haar verskuldig is eers Januarie 2019 begin betaal.
‘n Paar maande later het hy ‘n aansoek by die onderhoudshof gedoen om die maandelikse onderhoud op te skort, maar daar is nog geen besluit geneem in daardie saak nie.
Jill het intussen haar prokureurs opdrag gegee om ‘n lasbrief van eksekusie teen haar voormalige man uit te reik, om sy bates te laat verkoop sodat die R3,5 miljoen wat hy haar skuld, verhaal kan word.
Bronne: News24, IOL
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Regter Mandisa Maya aangemoedig om die pos van hoofregter te ‘weier’



