KYK: Afriforum vs Malema

Deel hierdie storie / Share this story

Julius Malema, leier van die EFF, se saak oor die sing van liedere wat haatspraak en geweld aanhits, het gister in die hooggeregshof in Johannesburg, wat as die gelykheidshof sit, voorgekom.

Die saak spruit uit klagtes wat AfriForum in 2020 teen hom en sy party ingedien het.

Volgens Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, verhoog Malema en die EFF se optrede onnodige rassespanning in die land.

Die haatspraak-klag fokus op die besonderse konteks waarin die EFF “Kill the Boer, kill the farmer” gesing is en verwys na verskeie geleenthede waar die party en sy leiers die lied, wat reeds tot haatspraak verklaar is, gesing het. Een van hierdie geleenthede was buite die Senekal-landdroshof tydens die borgtogverhoor van die verdagtes wat van die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner aangekla is.

Kyk die regstreekse uitsending van Afriforum vs Malema hier: