Vermoedelik dronk polisiebeampte ry na bewering fietsryer dood

Deel hierdie storie / Share this story

IPID het onthul dat ‘n Gautengse polisiebeampte na bewering ‘n fietsryer doodgery het terwyl hy vermoedlik dronk bestuur het. IPID het hulle eie opsomming van die ongeluk vrygestel.

Vrydagaand het ‘n motoris in Vanderbijlpark ‘n polisievangwa opgemerk wat roekeloos oor die pad ry. Die motoris het die vangwa gevolg en gesien die polisiebeampte het reguit oor ‘n rooi lig gery. Die motoris het toe die vangwa by die volgende stop genader en probeer om die polisiebeampte sover te kry om sy sleutels te oorhandig, maar hy het hom teëgesit.

Oomblikke later het die beampte in ‘n fietsryer vasgery en steeds nie stilgehou nie.

Die vermoedelik dronk polisiebeampte is uiteindelik deur sy eie kollegas tot stilstand gebring. ’n Getuie het dadelik die Vanderbijlpark-polisiekantoor gebel nadat die fietsryer raakgery is.

Beamptes het daarin geslaag om die vangwa te stop en hulle kollega vir dronkbestuur in hegtenis te neem. IPID het ook bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag teen die 27-jarige konstabel geopen is.

Bronne: MSN, The World News

Lees ook: Indringer wat in polisiestasie se plafon wegkruip in hegtenis geneem

Volg FiND iT hier.