Navorsers ontdek nuwe MIV-variant in Nederland

Deel hierdie storie / Share this story

Navorsers het ‘n nuwe MIV-variant in Nederland ontdek. Die nuwe MIV-variant is hoogs oordraagbaar, maar dit reageer wel op ARV-terapie.

Volgens berigte het diegene wat met die nuwe MIV-variant, bekend as die VB-variant, besmet is, ‘n gemiddelde viruslading van ongeveer vier keer hoër as van die gewone MIV-infeksie. Pasiënte se immuunstelsels daal twee keer so vinnig, wat hulle die risiko laat loop om VIGS vinniger te ontwikkel.

Volgens navorsers is die VB-variant nie ‘n bedreiging vir openbare gesondheid nie, aangesien ARV-terapie gebruik kan word om dit te behandel.

Bronne: IOL, The Citizen

Lees ook: Solidariteit en AfriForum bedien hofstukke oor ramptoestand

Volg FiND iT hier.