Ongelukkige inwoners in South Ridge is raadop nadat menigte oproepe na Sol Plaatje op dowe ore val. Die stormdrein in Landbouweg tussen die Puma-vulstasie en Southridge loop al vir maande oor.
Louw de Klerk, eienaar van die Puma garage, het al slote gegrawe om die water te kanaliseer, net sodat dit nie sy besigheid bedreig nie.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje munisipaliteit, het aan FiND iT bevestig dat die pompstasie buite werking is en hulle elektriese afdelings tans besig is met die nodige reparasie werk.



