In 1996 het Mandy Allwood opslae gemaak toe sy aangekondig het dat sy swanger is met agt babas. Mandy, genaamd “Octomom” nadat sy uitgevind het sy is swanger met agt kinders, het op 24 weke in kraam gegaan.
Mandy moes noodgedwonge vir drie dae en drie nagte geboorte gee aan haar kinders, maar nie een van die babas het oorleef nie.
Mandy het in haar depressie dwelms en drank begin misbruik om oor die verlies te kom. Sy het in 2007 toesig oor haar ander drie kinders verloor en haar familie het haar van hulle afgesny.
Sy is later gediagnoseer met kanker en het ‘n operasie ondergaan, maar die kanker het teruggekeer.
Mandy sal op Vrydag 4 Februarie veras word met geen roubeklaers teenwoordig nie nadat haar familie glo ‘n uitnodiging om haar begrafnisdiens by te woon van die hand gewys het.
Bronne: MSN, Daily Mail
Lees ook: Solidariteit en AfriForum bedien hofstukke oor ramptoestand
Volg FiND iT hier.



