Laerskool Gamtoosvallei deel foto’s: Toe swanger, nou graad een

Deel hierdie storie / Share this story

Sewe jaar gelede was daar verseker iets in die water van die Gamtoosvallei, lui ‘n inskrywing van Laerskool Gamtoosvallei op Facebook.

‘n Groepie swanger mammas het, toe hulle sewe jaar gelede almal swanger was, besluit om sommer vir die pret ‘n foto te neem.

Sewe jaar later deel die skool ‘n foto van die swanger mammas saam met hulle kinders, almal nou sewe jaar oud en in graad een.

Die skool sê in ‘n Facebook-plasing die mammas het gesorg vir die skool se grootste graad een-klas tot dusver.