Kit Kat-sjokolades herroep, kan glas inhê

Deel hierdie storie / Share this story

Nestlé Suid-Afrika het van sy Kit Kat-sjokoladestafies herroep weens die moontlikheid dat dit glasstukke kan bevat.

“Tot op hede het ons geen klagtes of gerapporteerde beserings ontvang nie. Ons neem hierdie aksie uit versigtigheid nadat ons die teenwoordigheid van klein stukkies glas tydens ons kwaliteit- en veiligheidskontroles ontdek het,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

Die herroeping raak die volgende produkte:

Nestlé Kit Kat 2-vinger melksjokolade 36x20g

Beste voor-datums: 30 September 2022 en 31 Oktober 2022

Produksie kodes:

13590177

13600177

13620177

13630177

13640177

13650177

20010177

20100177

20110177

Nestlé Kit Kat mini-sakkie 32x200g

Beste voor-datums: 30 September 2022 en 31 Oktober 2022

Produksie kodes:

20120177

20010177

20020177

20030177

20080177

13620177

13600177

13610177

Die vrywillige herroeping is slegs beperk tot produkte met die produksiekodes hierbo gelys. Geen ander groottes of ander Kit Kat-produkte word geraak nie.

“Verbruikers wat moontlik die produkte hierbo gekoop het, moet dit nie eet nie, maar moet dit eerder terugstuur na die plek waar dit gekoop is, vir ‘n volle terugbetaling. As jy bekommerd is dat jy of een van jou familie dalk een van die geaffekteerde produkte verbruik het, raadpleeg asseblief mediese instansie wat jou van die beste raad en leiding sal kan voorsien,” het die maatskappy gesê.

Nestlé Suid-Afrika het gesê hy ondersoek tans wat verkeerd geloop het. “Ons verstaan ​​dat mense bekommerd sal wees en vra om verskoning. Ons is baie spyt oor enige ongerief wat deur hierdie herroeping veroorsaak is.”

Die maatskappy het gesê hy werk saam met die nasionale departement van gesondheid.