Twee mense is dood en 23 is beseer ná ‘n ongeluk tussen ‘n bus en ‘n motor op die N7 by Vissershok naby Table View.
Richard Coleman, woordvoerder vir die Kaapse verkeersdienste, sê die botsing het tot padsluitings gelei.
Motoriste word versoek om versigtig te wees in die gebied.
Die N7 by Visserhok is gesluit en verkeer word herlei na Contermanskloof. Die regterbaan op die N7 noordgrens is ook gesluit.



