‘Moenie met die kripto-geldeenheid handel dryf’ – waarskuwing

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners is gewaarsku om handeldryf met ByBit Fintec Beperk (ByBit) te vermy.

Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid (FSCA) het gesê ByBit, wat in die Seychelle gesetel is, bied handel in afgeleide instrumente deur sy aanlyn-verhandelingsplatform aan.

“Dit het onder ons aandag gekom dat ByBit die Suid-Afrikaanse publiek toegang bied tot sy aanlyn platform om in onder meer afgeleide instrumente handel te dryf. ByBit is nie gemagtig om enige finansiële advies te gee of enige tussengangerdienste te lewer ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, 2002 (FAIS-wet) in Suid-Afrika nie. Sonder om kommentaar te lewer oor die besigheid van ByBit of sy produkte en dienste, wys die FSCA daarop dat, vir ‘n maatskappy om CFD (Contracts for Difference) handel in Suid-Afrika aan te bied, hy gelisensieer moet wees om dit te doen deur die FSCA,” lui die verklaring.