Leon Brits se huurmoordenaars gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Enrich Williams (35) en Amatle Bareki (25) is deur die hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis ná die moord op die hoteleienaar Leon Brits.

Die twee mans is in 2020 daarvan beskuldig dat hulle die huurmoordenaars is wat aangestel is om Brits op 7 Oktober 2020 te vermoor.

Die twee is in hegtenis geneem na die koördineerder van die moord, Jacques van Vuuren, in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is.

Williams en Bareki is van moord en roof onder aggressiewe omstandighede aangekla en ook die onwettige besit van vuurwapens. Hulle het onskuldig gepleit op al drie klagtes.

Van Vuuren, en ook Brits se vrou Suretha, dien reeds hulle vonnisse uit na hulle verlede jaar skuldig gepleit het. Suretha is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en Van Vuuren, vir wie Suretha gevra het om huurmoordenaars te kry om haar man dood te maak, is tot 25 jaar gevonnis, opgeskort vir vyf jaar.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy verwelkom die vonnis en waardeer die harde werk wat in die saak ingesit is.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Gedenkdiens vir Marizanne Strydom