Betogers op Kathu, vermoedelik van die Newtown/Bapei-gemeenskap, het die R380 by Kathu Village Mall sowel as die kruising by die verkeersdepartement versper.

Die betoging is in hierdie stadium buite beheer en motors word met klippe gegooi.
Op die oomblik is daar sowat 150 – 200 betogers.
Alle toegangspaaie na die myn, Mapoteng, Deben en die industriële areas is gesluit.
De enigste paaie wat tans oop is, is die ou Stokkiesdraai-pad op die N14.
Inwoners kan ook die N14 gebruik om Kuruman, Postmansbrug of Olifantshoek te bereik.

Werknemers wat in Sesheng en Mapoteng woon, word ook deurgang ontneem.
Werknemers en diensverskaffers word geadviseer om die betrokke areas te vermy en te bly waar hulle is.

Die SAPD en privaat sekuriteitsdiensverskaffers is op die toneel en hou die situasie dop.
Die public Order Police (POPS) is glo op pad.


