OLX is stilweg toegemaak

Deel hierdie storie / Share this story

OLX, die webtuiste wat tweedehandse goedere verkoop het, het stilweg toegemaak.

Dié webtuiste, wat soortgelyk was aan Gumtree of Facebook Marketplace, word nou herlei na Autotrader of Property24. Dit is alles deel van die Naspers-stal.

Tech Central berig Sjoerd Nikkelen, hoofbestuurder vir Asië, Midde-Ooste en Afrika by OLX Group, het gister aan Tech Central gesê: “Vroeër vandag het ons ons OLX horisontale geklassifiseerde advertensieplatform in Suid-Afrika gestaak, aangesien ons ons klanteaanbod ten volle fokus op ons sterk eiendom- en motorvertikale in die land (Property24 en AutoTrader). Dit is uiteindelik ‘n aanduiding van die vordering wat ons die afgelope jare in Suid-Afrika gemaak het en simbolies van hoe ons as OLX Groep aanhou om onsself aan te pas.”

Verbruikers is onkant gevang, met baie wat hulle tot Twitter gewend het.