Monique Muller reageer nadat Katlego Maboe ‘vrygeskeld’ is van wangedrag

Deel hierdie storie / Share this story

Monique Muller, die voormalige vriendin van Katlego Maboe, het haar weergawe van gebeure vertel nadat Maboe Maandag op sosiale media gesê het dat hy van die wangedragbewerings wat sy teen hom gemaak het, onthef is.

Monique Muller het by joernaliste gepleit wat die storie dek om die volledige uitspraak in die saak te lees en het gesê dat sy nie sal “toelaat dat hierdie valse narratiewe voortgaan nie”.

Dit volg nadat Maboe ‘n verklaring uitgereik het waarin hy sê die saak is van die hand gewys en bygevoeg het dat hy sal voortgaan met regstappe teen vier mense wat hy van teistering en laster beskuldig.

Maboe is in 2020 beskuldig daarvan dat hy sy voormalige vriendin misbruik het. Maboe het ontken dat hy haar geslaan en misbruik het, maar erken dat hy Muller verkul het.

Bronne: IOL, MSN

Lees ook: Prins Harry en prins Andrew kry nie koningin se Jubileummedalje

Volg FiND iT hier.