Sisipho Mayile, ’n matriekstudent van Hermanus, Wes-Kaap, het op 16 Januarie vermis geraak en is op Vrydag 21 Januarie dood aangetref.
Haar erg ontbinde liggaam is in bosse naby die Camphill-brug gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die gemeenskap het huise aan die brand gesteek wat aan ‘n man behoort wat hulle vermoed haar moordenaar is.



