Kate Middleton word beskermheer van Engeland Rugby

Deel hierdie storie / Share this story

Kate Middleton (40) hertogin van Cambridge, is verseker nie net ‘n koninklike wat net wil teepartytjies aanbied nie. Hierdie hertogin het groot drome. Op 2 Februarie 2022 is onthul Kate sal voortaan optree as beskermheer van die Britse rugby-voetbal-liga (RFL).

Kate Middelton neem Prins Harry se patronaatskap

Kate het een van die eerste koninklikes  geword om een van prins Harry se patronaatskappe te neem. Die rol bring haar in kompetisie met prins William, wat die beskermheer van die Walliese rugbyunie is.  Die hertog van Sussex, prins Harry (37), is van die rol ontneem toe hy uit die koninklike diens getree het.

Kate Middleton in Kompetisie met Prins William

Die skuif gaan gepaard met Engeland se Sesnasies-veldtog wat volgende week begin. Die hertogin het van jongs af ‘n groot belangstelling in sport. Sy self het van jongs af tennis en hokkie gespeel en is ook ‘n stewige rugbyondersteuner.

Die Hertogin speel graag hokkie

Ralph Rimmer, uitvoerende hoof van die Rugby Football League, het gesê: “Ons is werklik geëerd deur die aanstelling van die hertogin van Cambridge as ons liga se koninklike beskermheer.  Ons is verheug om haar te verwelkom terwyl ons voorberei om die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Engeland die komende herfs aan te bied.”


Kate Middelton beskermheer van die Rugby Football League

Lees hier van Rus Viktoria se Suid-Afrikaanse sprokie

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.