Die voormalige bekende Hollywood aktrise Bridget Fonda (58), bekend vir haar rolle in The Godfather 3en Single White Female het mense verstom gehad toe hul haar gewaar op straat 12 jaar nadat sy in 2003 uit die kollig verdwyn het.

Haar laaste verskyning was in 2009 met haar bywoning van die première van Tarantino’s World War 2 Epic Inglorious Basterds. Fonda het uit die kollig verdwyn om haar seun groot te maak op haar familieplaas in Santa Barbara. Groot was die verbasing toe die kameras begin flits vir die eens beeldskone Fonda.
Sy het toevallig die kamera se oog getref Woensdag 27 Januarie 2022 terwyl sy en haar seun rondgerits het in haar silwer Land Rover. Fonda se eens goue blonde hare was gestileer in ’n lae poniestert. Sy was nie gegrimeer nie en het behalwe ‘n paar goue oorbelle nie ander juwele aangehad nie.

In nog ‘n dramatiese afwyking van haar eens ultra-glansryke beeld het Fonda, die dogter van Peter Fonda, die dag in ‘n gemaklike swart-en-wit gestreepte top en ‘n swart sweetpakbroek aangepak.

Lees ook gerus hoe Viktoria die ja-woord gevra is.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



