Die anti-veediefstalgemeenskap en twee polisiebeamptes het Sondag ‘n totaal van 151 vermoedelik gesteelde vee in Matsieng gered.
Adj.-off. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê hulle vermoed die vee is in KwaZulu-Natal gesteel.
“Op 30 Januarie omstreeks 17:00 het die gemeenskapslede inligting ontvang oor vermoedelik gesteelde vee op die Matsieng-berg in Kwakwa,” sê hy. “Hulle het die polisie in kennis gestel wat toe gereël het dat polisielede vir bystand ingeroep word.”
Die span is volgens Mophiring na die berg waar hulle 117 skape, agt beeste en 26 bokke gevind het.
‘n Saak word nou deur die polisie ondersoek.



