Vrou steeds dodelik siek 20 jaar na byt deur bosluis

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou (26) is steeds dodelik siek 20 jaar nadat sy as kleuter deur ’n bosluis gebyt is.

Briony Hunt van Bracknell in die Verenigde Koninkryk het die grootste deel van haar lewe met ’n lys simptome saamgeleef sonder ’n diagnose. Selfs dokters het haar glo uitgelag.

Siek vir 20 jaar

Sy is uiteindelik met ’n magdom siektes wat deur ‘n bosluis oorgedra word, insluitend Lyme-siekte, gediagnoseer.

Sy moet nou na Pole reis vir private behandeling vir ondersteunende oligonukleotide-tegniek (SOT) behandeling en ondersteunende terapieë, wat nie tans in die Verenigde Koninkryk beskikbaar is nie.

Dit het Briony meer as twee dekades geneem om gediagnoseer te word met bosluisoordraagbare siektes, insluitend Lyme-siekte, “omdat daar min kennis is oor siektes deur ‘n bosluis oorgedra en hoe om dit te voorkom”.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.