Ma gee geboorte in die see

Deel hierdie storie / Share this story

’n Ma het verby strandgangers geswem en geboorte in die Rooisee gegee.

Die ongelooflike foto’s wys hoe die vrou geboorte gee aan ’n baba onder die water van die Rooi See. Na bewering was die ma van Rusland en was die kind se pa en die huisdokter by vir die natuurlike geboorte by die dorp Dahab in Egipte.

Geboorte in die Rooisee

Plaaslike media berig die dorpie het ’n gewilde plek vir seewatergeboortes geword, met baie mammas wat glo dat natuurlike en watergeboortes voordelig vir hul babas is.

Geen bykomende inligting is bekend gemaak oor die geslag van die baba of die name van die ouers nie.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.