Die aktrise Evan Rachel Wood het haar voormalige verloofde, Marilyn Manson, daarvan beskuldig dat hy haar op kamera verkrag het terwyl hulle sy musiekvideo verfilm het.
Wood het in Februarie 2021 die eerste keer haar voormalige verloofde Brian Warner, algemeen bekend as Marilyn Manson, van mishandeling beskuldig. Die paartjie het byna 15 jaar gelede by ‘n partytjie in Los Angeles ontmoet toe sy 18 en hy 37 was.
Evan Rachel Wood sê sy is forseer om seks te hê
Wood beweer in die dokumentêr Phoenix Rising Manson het haar voor die kameras verkrag. Die eerste helfte van die dokumentêr het op Sondag 23 Januarie by die Sundance-rolprentfees begin. Phoenix Rising word in Maart op HBO, ‘n Amerikaanse televisienetwerk, uitgesaai.
Wood vertel van haar verskyning in sy 2007-musiekvideo vir Heart-Shaped Glasses. Sy sê sy is “gedwing” om seks voor die kameras te hê.
Manson ontken die bewerings.



