Vyf jaar tronkstraf vir vrou wat R460 540 by spesiale skool steel

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou is vyf jaar tronkstraf opgelê nadat sy R460 540 by Retlamelang Spesiale Skool gesteel het.

Mutlwaneng Lydia Seotsa (33) is Donderdag 27 Januarie 2022 deur die Kimberly-landdroshof skuldig aan bedrog en geldwassery bevind.

Kapt. Tebogo Thebe, polisiewoordvoerder, sê Lydia is verkies as lid van die Skoolbeheerliggaam by Retlamelang Spesiale Skool. Sy is toe gesekondeer as die skool se bankondertekenaar. Sy het geld elektronies van die skool se rekening na haar private rekening oorgeplaas. Die skool het ’n verlies van R460 540.00 gely.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.