Vrou se afdanking na sy inenting weier, ‘regverdig’

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) het bevind ’n maatskappy was regverdig in hul afdanking van ‘n vroulike werknemer omdat sy geweier het om haar teen Covid-19 te laat inent.

Die afdanking het gevolg nadat die maatskappy se uitvoerende komitee in 2021 ten gunste van ’n beleid vir verpligte inenting gestem het.

Afdanking regverdig

Lungile Matshaka, ‘n kommissaris van die CCMA, het gesê: “In my eie sin van regverdigheid kan ek net tot die gevolgtrekking kom dat die applikant permanent onbevoeg is op grond van haar besluit om nie ingeënt te word nie en, by implikasie, weier om deel te neem om ‘n veilige werksomgewing te skep.”

Volg FiND iT hier en lees meer artikels hier.