Multi-biljoen vir hawe in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Multi-biljoenrand projek om ’n hawe in Boegoebaai naby Alexanderbaai in die Noord-Kaap te bou, sal na verwagting broodnodige ekonomiese verligting vir die provinsie bring.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het aan die SABC gesê planne is aan die gang om te verseker dat die bou van ’n hawe teen 2024 begin.

Hy sê R100 miljoen is deur die provinsiale regering geoormerk om ’n uitvoerbaarheidstudie na die projek uit te voer. Saul sê die bou van die hawe sal R13 biljoen kos. Hy is seker dit sal die sosio-ekonomiese status van die provinsie verander.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.