Kimberley-tiener ’n finalis vir Mej. Tiener Heelal

Kimberley-tiener ’n finalis vir Mej. Tiener Heelal

Kimberley-tiener ’n finalis vir Mej. Tiener Heelal

Theané ​​Willemse (16), ‘n pragtige en inspirerende tiener van Kimberley, sê sy is baie trots om ‘n Mej Tiener Heelal SA 2022 finalis te wees.

Gebore in Bloem, het sy haar hele lewe in Kimberley deurgebring en was tot onlangs ‘n leerling aan Hoërskool Diamantveld.

“Ek het onlangs by Teno begin tuisonderrig omdat ek nog altyd wou toneelspeel en die grootste geleentheid gekry het om in ’n KykNET-kortfilm te wees.”

Theané ​​sê modelwerk en dans sal altyd haar stokperdjies wees en sy hou daarvan om fiks te bly in die gimnasium

“Ek het ingeskryf vir Mej. Tiener Heelal SA 2022 met lae verwagtinge in die hoop om ’n verskil in sommige mense of selfs diere se lewens te maak. Baie harde werk, opleiding, liefdadigheid en zoom oproepe verder is ek trots om te sê dat ek ‘n Miss Teen Universe SA 2022 finalis is. Ek is mal oor uitdagings en het gedink dit is ’n groot uitdaging, om hard te werk vir iets wat ek wil hê.”

Sy sê ook sosiale media speel ‘n groot rol in haar lewe

“Ek voel wat jy op sosiale media plaas, kan soveel mense op ‘n positiewe manier beïnvloed.”

Theané ​​gee ook fiksheidsklasse.

“Ek gee ook fiksheidsklasse in Kimberley wat ons “Vogies fiksheid” noem waar modelle van my modelskool en ander jong meisies elke Dinsdag kom om pret te hê en saam te oefen.”

God lê haar baie na aan die hart

“My God is die naaste aan my hart, want ek voel sonder Hom sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie. Die Here is my lig en my redding, my krag en my lewe.”

Theané ​​het groot drome

“Daar is so baie dinge wat ek uit Mej. Tiener Heelal wil bereik! Ek het al so baie geleer en ek wil nie ophou om meer te leer oor modelwerk, liefdadigheid, skoonheid, vriendskappe en wat dit verg om die beste weergawe van myself te wees nie. Om hierdie groot titel te wen, sal soveel nuwe deure in my toekoms oopmaak en dit sal my help om ‘n stem te hê om ander modelle aan te moedig om hard te werk vir wat hulle wil hê en om nooit moed op te gee nie. Ek glo dat jy nooit die persoon kan klop wat nooit opgee nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.