Bejaarde se oor afgekap in plaasaanval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde man se oor is afgekap nadat hy Dinsdagoggend deur drie mans op die plaas Tongaat aangeval is.

Die man, ‘n 61-jarige werker op die plaas, het in ‘n kompleks geslaap toe die verdagtes omstreeks 03:00 die deur wat na sy kamer lei, afgebreek het.

Prem Balram, woordvoerder vir die Reaction Unit SA (Rusa), sê hulle het hom aangerand en gevra waar toerusting gestoor word. Tydens die aanranding is sy oor afgekap.

Hy het gesê die rowers het met leë hande gevlug. Die beseerde man se kollega het hom etlike ure later ontdek waar hy in ‘n plas bloed gelê het. “Rusa het omstreeks 07:13 ‘n oproep om bystand ontvang. Met ons aankoms is die afgesnyde oor van die man op die grond langs hom ontdek,” het Balram gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy deur ‘n private ambulansdiens na die hospitaal vervoer is.