Twee mans gebruik liggaam om pensioen te probeer eis

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mans in Ierland het die liggaam van ‘n man by ‘n poskantoor ingesleep om sy pensioen te probeer eis.

Die polisie het ondersoek ingestel na hulle oproepe van die poskantoorpersoneel ontvang het oor twee mans wat ‘n ouer man ingedra het om sy pensioen te probeer te eis.

Mense het agterdogtig geraak oor hulle gedrag en die mans het gevlug en die liggaam net daar gelos.

Die nooddienste en die polisie is ontbied en die man, wat geïdentifiseer is as ‘n plaaslike inwoner in sy 60’s genaamd Peadar Doyle, is later dood verklaar. Sy huis is tot ‘n misdaadtoneel verklaar.

Bronne: Business Insider, Lad Bible

Lees ook: Broers kry R800 000 se karre na hulle matriek slaag

Volg FiND iT hier.