Die jaar 2021 was nie vir almal ’n goeie jaar nie. Meeste mense beweer 2021 was die slegste jaar van hulle lewens. Mense het as gevolg van die pandemie hulle werk verloor of geliefdes aan die dood afgestaan.
Hier vertel Kimberley Online Co.-lesers wat van hulle 2021 “survivors” maak.
Isabel Visagie het op Facebook gesê: “2021 was my moeilikste jaar. My man het 27 April sy skouer by die werk seergemaak. 3 keer ge-opereer en 6 maande afsiek. Asof dit nie erg genoeg was nie is my ma op 12 Augustus met kanker gediagnoseer en 11 November oorlede.”
Mariette De Jongh Oosthuizen sê: “Desember 2020 my skoonma verloor toe April 2021 my skoonpa en toe November 2021 my hele lewe, my liefste man.”
Helen Fox sê: “2021 het vir my baie sleg geëindig, het my broer aan die dood afgestaan.”
Sophia Bowes sê: “My seun is in Maart 2021 oorlede.”
Anu Kemp sê: “Ek moes die hele jaar by verkeersligte bedel, hoop dit gaan beter die jaar.”



