Baba vyf dae met ma se liggaam vasgekeer

Deel hierdie storie / Share this story

’n Baba van 15 maande oud was vir vyf dae saam met haar ma se liggaam in ’n skuiling-eenheid vasgekeer nadat haar ma glo ’n oordosis dwelms geneem het. Die baba is ’n paar meter van die ma (26) se liggaam, waar sy onder ’n bed weggekruip het, gevind.

Die New York Post berig die insident het in Julie 2021 plaasgevind en die babadogtertjie het steeds nie ten volle herstel nie.

Die baba was met menslike ontlasting bedek en was erg gedehidreer. Sy is onmiddellik na ‘n hospitaal geneem. Sy het ook erge luieruitslag gehad wat sedert die insident nog nie opgeklaar is nie.

Die baba se pa (31) dagvaar nou die staat se departement van hawelose dienste vir $5 miljoen se skadevergoeding.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.