Adele stel Las Vegas-toer uit, aanhangers ontsteld

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende sangeres Adele het haar hele Las Vegas-toer slegs 24 uur voor die openingsaand uitgestel en aanhangers is glad nie tevrede daarmee nie.

“Ek is so jammer, maar my vertoning is nie gereed nie,” het die ster aan aanhangers in ’n tranerige plasing op Instagram gesê.

“Die helfte van my span het Covid en dit was onmoontlik om die program klaar te maak,” het sy gesê en bygevoeg dat “afleweringsvertragings” ook haar planne in die wiele gery het.

Die ster was glo vir 30 ure aaneen wakker om die produksie te probeer red, maar het glo nie genoeg tyd gehad nie.

Sy sou Vrydag in die eerste van 24 konserte by die Caesars Palace se Colosseum opgetree het.

Aanhangers is ontsteld oor die kansellasie op so ‘n kort kennisgewing. Sommige van hulle het reeds na Las Vegas gereis en verloor nou honderde dollars.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.