Sjokoladekoek met ‘n karamel-en-Crunchie-vulsel

Deel hierdie storie / Share this story

Foto: The Answer Is Cake

Marelene Schoeman, bekende kookboekskrywer in die Vrystaat, deel met ons ‘n heerlike resep vir sjokoladekoek met ‘n karamel-en-Crunchie-vulsel.

Bestanddele:

450 ml (3 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
250 g sagte margarien
500 ml (2 k) strooisuiker
4 groot eiers
50 ml (1 k) melk
75 ml (3 e) kakao
125 ml (½ k) warm water
10 ml (2 t) rumgeursel

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Room die margarien en strooisuiker in ‘n aparte bak en klits die eiers by. Voeg die melk by en meng. Roer die droë bestanddele by die melkmengsel. Meng die kakao en warm water en roer dit saam met die geursel by. Gooi die beslag in gesmeerde panne en bak 30 tot 40 minute teen 180° C. Baktyd hang af van pangroottes.

Karamelstroop:

2 k water
1 k bruinsuiker
1 t karamelgeursel

Kook die bestanddele saam vir 15 minute en plaas eenkant om af te koel.
Sprinkel karamelstroop oor al die koeklae voor jy dit bo-op mekaar stapel.

Crunchie-vulsel:

250 ml (1k) vars room
1 blik karamelkondensmelk
1 groot Crunchie (fyngedruk)
Klits room styf en vou blik karamel en fyn Crunchie by.
Plaas Crunchie-stukkies om kante van vulsel sodat dit mooi vertoon wanneer koek opmekaar gestapel word.

Volg FiND iT hier op Facebook.