Vier mans in hegtenis vir transito rooftog in Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Wes-Kaap het vier verdagtes in hegtenis geneem ná ‘n transitorooftog op die N7-oprit langs die N1-deurpad naby Goodwood op Dinsdagaand, 18 Januarie 2022.

Daar word berig dat ‘n Jeep wat langs die N7 gery het, skielik in die middel van die pad gestop het, wat veroorsaak het dat ‘n ligte afleweringsvoertuig met die geldwa gebots het.

Daar word beweer dat verdagtes plofstof gebruik het om die kluis oop te blaas. Een voertuig het na bewering tydens die rooftog aan die brand geslaan.

Lede van die Durbanse nasionale intervensie-eenheid het op die rooftog gereageer en tydens die skietgeveg het een verdagte ‘n skietwond opgedoen, terwyl die ander homself tydens die ontploffing beseer het.

Beide die veiligheidswag en die bestuurder van die geldwa het ook skietbeserings tydens die beproewing opgedoen en is hospitaal toe geneem vir behandeling. ’n 9 mm-pistool met ammunisie is op die toneel gevind. Altesaam vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 21 en 42 jaar oud, is gearresteer en sal binnekort voor die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklagte van transito roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapen en ammunisie asook die besit van ‘n ploftoestel . ‘n 72-uur-aktiveringsplan is ingestel om ander verdagtes wat met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel weggesluip het, op te spoor.