’n Staal paal wat in ’n gat in die pad geplant is, versper die verkeer in Milnerstraat nadat Sol Plaatje-werknemers gister aan ’n gebarste pyp gewerk het.
Die gat is steeds nie toegemaak nie en inwoners kla dat die paal en die gat ’n gevaar is.
“Die verkeer is baie swaar in die straat, omdat CBC en Hoërskool Diamantveld se ouers kinders op en aflaai,” sê een inwoner.
’n Ander inwoner sê hy het vanoggend amper in die paal vasgery aangesien daar geen waarskuwingstekens is dat daar ’n paal in die middel van die straat geplant is nie.
FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.



