Sol Plaatje probleme – waar is burgemeester?

Deel hierdie storie / Share this story

Water wat in die middel van die straat uitborrel. Slaggate so groot soos sinkgate. Water wat vuil en bruin is. Dít is maar net van die probleme waarmee die nuwe 26-jarige burgemeester van die Sol Plaatje Munisipaliteit, Kagisho Dante Sonyoni, nou opgeskeep sit.

‘n Waterpyp wat gebars het in die residensiële area van Belgravia, laat water in die straat afborrel en kan ly tot ‘n verlies in inkomste van 5 liter per sekonde.

Dit in dieselfde stad wat somtyds tot en met vyf dae sonder water sit.

Vrae aan Sello Matsie, woordvoerder vir die Sol Plaatje Munisipaliteit, bly onbeantwoord. FiND iT het ook al ‘n afspraak met die nuwe burgemeester gehad, maar is na ‘n uur se wag, weggewys met ‘n belofte vir ‘n opvolgonderhoud. Dit het nooit gebeur nie.

Ten tye van publikasie, is geen terugvoer ontvang en geen ander afspraak gemaak.