Vrou dood, een beseer na weerlig hulle tref

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (40) is dood nadat sy Maandagaand deur weerlig getref is. Die vrou, van Kempton Park, is saam met ‘n ander vrou op die grond gevind in Jonesweg nadat weerlig hulle getref het.

Luidens ‘n verklaring van Emer-G-Med is die een vrou dood verklaar toe hulle daar aankom. Die tweede vrou is in ‘n kritieke toestand gevind en verskeie gevorderde lewensondersteuninende intervensies was nodig om haar te stabiliseer voordat sy per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.