Een man (58) is dood en twee vroue beseer (17 en 50) toe ‘n motor teen ‘n bakkie gebots het.
Emer-G-Med paramedici het 13:30 op die toneel aangekom. ‘n Toyota Hilux het bo-op ‘n Datsun Go tot stilstand gekom.
Die bestuurder van die Toyota was reeds oorlede. Die twee insittendes van die Datsun is ernstig beseer. Hulle is gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere sorg.
Die oorsaak van die ongeluk is onduidelik.



