’n Paartjie is op 20 Desember 2021 in hulle huis in Moghulpark deur vier gewapende mans en een vrou aangehou, aangerand en beroof.
Lt. kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die eienaar en sy vrou is glo omstreeks 08:00 deur die rowers wakker gemaak en erg aangerand voordat hulle vasgebind is. Die rowers het glo die eienaar se vuurwapen en ’n aansienlike bedrag kontant uit die kluis geneem voordat hulle van die toneel gevlug het.
Paartjie beroof
Die buurtwag en die vermeende rowers het in kruisvuur betrokke geraak. Een manlike rower (35) en ’n vroulike (30) omstander is beseer tydens die kruisvuur wat in die straat, naby die perseel, plaasgevind het.
Albei die beseerdes is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling, maar die manlike verdagte is later oorlede. Nog ’n 24-jarige vroulike verdagte is in hegtenis geneem.
’n Manlike Malawiese burger (37) is op 11 Januarie 2022 in Troystraat, Johannesburg in hegtenis geneem en in besit gevind van ’n motorvoertuig wat na bewering onlangs in die Oos-Kaap gekaap is.
Die verdagte moet binnekort in die Kimberley-landdroshof op aanklag van huisroof verskyn.



