Ghislaine Maxwell het toegegee aan die versoek om die identiteit van agt mans, wat betrokke was in haar en Epstein se sekshandelskemas, bekend te maak.
Virgina Roberts Guiffre se versoek om die mans se identiteit bekend te maak, kan nou oorweeg word nadat Maxwell ingestem het om aan die versoek te voldoen.
Die besluit om die name te ontsluit is in die hande van ‘n New Yorkse federale regter.
Maxwell is in Desember aangekla van sekshandel en samesweringsklagte vir die werwing van tienermeisies om seksueel misbruik te word deur Jeffrey Epstein.
Sy gaan 28 Junie gevonnis word.
Bronne: Fox News, CNN
Lees ook: Prince Andrew gives up military titles and patronages
Volg FiND iT hier.



