61-jarige ouma en 24-jarige man wil kind saam hê

Nadat hulle verlede jaar op 3 September 2021 getrou het, is die paar nou gereed om ‘n kind te hê.

61-jarige ouma en 24-jarige man wil kind saam hê

61-jarige ouma en 24-jarige man wil kind saam hê

‘n Ma van sewe, Cheryl McGregor (61) en haar 24-jarige man, Quran McCain, is op soek na ‘n “gawe surrogaat wat bereid sal wees om hul kind te dra, maar ook ‘n kontrak sal teken om geen kontak na die geboorte met die kind te mag hê nie.”

Die paar is ook oop vir aanneming, maar soek spesifiek ‘n tweerassige baba sodat “hy of sy sou voel dat ons sy ware ouers is”.

McGregor en McCain het die eerste keer in 2012 ontmoet toe hulle saam gewerk het en McCain net 15 jaar oud was.

Die twee het kontak verloor, maar mekaar weer in 2020 raakgeloop.

Nadat hulle verlede jaar op 3 September 2021 getrou het, is die paar nou gereed om ‘n kind te hê.

McGregor, wat ook 17 kleinkinders het, sê sy “voel hulle verdien kinders van hul eie”.

“Albei my dogters het verlede jaar ‘n histerektomie gehad, anders sou hulle die beste opsie gewees het aan “so na as moontlike biologiese kind.”

McGregor erken sy weet dat sy dalk nie vir so lank meer hier gaan wees nie, maar dat sy volle vertroue het in McCain om hul kind groot te maak.

“As ek nie meer hier is nie, weet ek hy sal oukei wees. Quran gaan ‘n wonderlike pa wees – hy is ‘n verantwoordelike volwassene. Ek het volle vertroue in hom dat hy ons kind kan grootmaak en dit baie goed kan doen,” het sy gesê.

Die familie was aan die begin eers huiwerig, maar ondersteun die paar nou 100%.

McGregor en McCain het bekendheid verwerf nadat hulle ‘n TikTok-rekening oopgemaak het. In dié stadium het hulle al meer as 1.5 miljoen volgelinge.

Leave a Reply

Your email address will not be published.