Man vermoor glo sy ma

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man wat glo sy ma vermoor het, is deur die gemeenskap in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Die slagoffer (59) is Maandag 10 Januarie 2022 by die Knysna-polisie as vermis aangemeld en die polisie het dag en nag gewerk om haar op te spoor.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die oorledene was laas op 7 Januarie 2022 lewend gesien. Met die hulp van die honde-eenheid en die gemeenskap is haar gedeeltelik ontbinde liggaam op 11 Januarie 2022 deur ’n lid van die gemeenskap in bosse tussen Alemein- en Stroebelstraat in Hornlee, Knysna, ontdek.

Seun vermoor glo ma

’n Lykskouing is gedoen om die moontlike oorsaak van dood te bepaal. Sodanige verslag is nie in hierdie stadium beskikbaar nie en sal as deel van die getuienis aan die hof voorgelê word.

Die gemeenskap het die slagoffer se seun (28) op 14 Januarie 2022 in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Die verdagte sal vandag in die Knysna-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn. Hy is tans in aanhouding.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.

LEES OOK: Bruid wil dag na troue skei omdat bruidegom haar voor gaste verneder