Familie het glo R50 miljoen losprys betaal vir ontvoerde Moti-broers

Deel hierdie storie / Share this story

News24 berig die gesin het ‘n losprys in bondels kontant betaal, wat die veilige vrylating van hul seuns verseker het.

Verder het die familie vir bewys van lewe van die seuns gevra om vas te stel dat die seuns leef. Bewys van lewe is ’n week ná die ontvoering aan die familie gewys.

Luidens die berig is die seuns oorhandig nadat al die geld afgelaai is. Die geld is betaal deur ‘n “dead drop” wat ‘n gekoördineerde oorhandiging van die geld by ‘n ooreengekome wegkruipplek was, volgens die berig.

’n Familiewoordvoerder het ontken dat die familie enige betalings gemaak het.

Begin November is Zia, Zayyad, Alaan en Zidan met hul ouers herenig, drie weke nadat hulle ontvoer is terwyl hulle op pad was skool toe. Die polisie het destyds gesê die seuns het in ‘n BMW gery toe hul voertuig deur twee ander voertuie onderskep is.

LEES OOK: Moti-broers: Familie verbied polisie om met seuns te praat, trek oorsee

LEES OOK: Vier Moti-broers na 21 dae gevind

Volg ons op Facebook en praat saam.