’n Anonieme man, glo van Amerika en in sy mid-dertigs, sê sy geslagsdeel het as gevolg van Covid gekrimp. Dit is glo so veel as 4 cm korter nadat hy in Julie 2021 Covid-19 gehad het.
Die man is deur dokters gewaarsku dat die uitwerking op sy geslagsdeel onomkeerbaar kan wees. Volgens uroloë kan die virus in die penis agterbly, wat die bloedtoevoer kan verswak.
Geslagsdeel krimp
’n Studie van die Universiteitskollege in Londen onder 3 400 mense het bevind die simptoom is skaars onder die 200 wat lang Covid ontwikkel het.
Die man het aan The Mirror gesê dit het sy selfvertroue ’n groot knou gegee.



