Boer maak noodlanding op ander boer se plaas

Deel hierdie storie / Share this story

’n Kommersiële boer van die Bray-omgewing moes inderhaas ’n noodlanding doen nadat sy vliegtuig se enjin onklaar geraak het.

Video’s en foto’s van die gebeure word op groepe oor WhatsApp en op sosiale media gedeel.

Dr. Rex Barnard en sy seun, ook Rex, was glo op pad om te gaan kyk hoe vol die Moloporivier is toe die enjin gestaak het.

Die vliegtuig was skaars 10 minute in die lug toe die propeller net gaan staan het.

Pogings om dit weer aan die gang te kry, was onsuksesvol en op die video kan daar duidelik gesien word hoe dr. Barnard die vliegtuig aan die gang probeer kry terwyl sy seun besluit het dat dit dalk ’n goeie tyd sal wees om die noodlanding op kamera vas te lê.

Die senutergende video het landwyd al opslae gemaak.

Kyk die video hier:

@finditnuus Noodlanding. Lees by www.find-it.co.za. #fyp ♬ original sound – FiND-iT Nuus