Resep: Weetbix-stafies

Resep: Weetbix-stafies

Resep: Weetbix-stafies

Hierdie resep vir Weetbix-stafies is so aanpasbaar dat jy letterlik enige geur kan bysit.

Selfs dié vol fiemies sal hieraan kan knaag sonder om te veel besware te hê!

Maak 12 ewe groot snytjies

4 Weetbix-blokkies, gekrummel

1 koppie meel

½ koppie fyn klapper

½ koppie suiker (jy kan ook bruinsuiker gebruik)

1 eetlepel kakao

70 g gesmelte botter

½ koppie water

Versiering

1½ koppie versiersuiker

¼ koppie suurlemoensap of water

Metode

– Verhit die oond tot 160°C

– Voeg die gesmelte botter by die Weetbix en roer goed deur.

– Voeg nou die res van die bestanddele by en roer goed deurmekaar.

(Indien jy sou wou, kan jy nou enigiets byvoeg soos choc chips, sesamesaad, opgekapte appelkose ens.)

– Druk die mengsel in ‘n pan vas wat met bakpapier uitgevoer is.

– Bak in die oond op 160°C vir 15 minute.

– Meng die versiersuiker en suurlemoensap of water.

– Skep die versiersuikermengsel oor die warm gebak en laat staan tot gestol en koud.

– Sny in skywe

Bron: Voor die stoof

Leave a Reply

Your email address will not be published.