Man steek glo vrou voor driejarige dood

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (28) het glo sy vrou (34) voor haar driejarige kind uit ’n vorige verhouding doodgesteek.

Lt. genl. Sello Kwena, provinsiale kommissaris van die Noordwes, sê na bewering het die slagoffer en die verdagte Donderdag omstreeks 02:00 ’n rusie gehad. Die bure, wat die slagoffer hoor skree het, het die plaaslike polisie gebel wat na die toneel gehaas het, waar hulle toegang tot die huis kon kry.

Man steek vrou dood

Die slagoffer is gevind waar sy in ’n plas bloed gelê het met talle steekwonde aan haar bors en erge kopbeserings. Haar driejarige seuntjie is ongedeerd uit die huis gered.

Die slagoffer is op die toneel deur nood- en mediese reddingsdienste (EMRS) dood verklaar. Die polisie het gevolglik die verdagte in hegtenis geneem.

Hy sal vandag in die Potchefstroom-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.