Die appel val nie ver van die boom nie. So sal meeste Joost van der Westhuizen-ondersteuners sê wanneer hulle hoor Joost se seun gaan eersdaags sokker in Spanje speel.
Amor Vittone, Jordan se ma en gewese vrou van Van der Westhuizen, het op haar Facebook-profiel breë skouers gepronk met haar seun wat op pad is Spanje toe om te kyk of hy nie vir homself ’n sokkertoekoms kan oopskop nie.
Jordan se pa, wat as een van die beste Springbokke van sy tyd gereken word, sal sekerlik nie omgee dat sy seun eerder in sokker as rugby uitblink nie.
Die blote gedagte om op die hoogste vlak mee te ding, is sekerlik die grootste trots wat elke ouer kan ervaar.
Jordan is op ’n twee weke proefbasis by die internasionale gerekende akademie van Valencia Spain in Spanje. Dié jongman het dan die geleentheid om homself te bewys.
Indien Jordan enigsins die gene van Joost het, behoort sy pad oop te wees na internasionale status.
Vittone het op haar Facebook-blad haar volgers bedank vir hulle ondersteuning, waartydens meer as ’n 1000 boodskappe reeds ter ondersteuning gelos is.
Vittone het ook intussen haar eie klerereeks vrygestel. Klik hier om haar klerereeks te sien.



