VK se kleinste baba weeg 325 g

Deel hierdie storie / Share this story

Die Verenigde Koninkryk se kleinste baba, wat 30 Desember 2021 gebore is, weeg maar net 325 g.

Hannah Stibbles is op 30 Desember 2021 deur ’n noodkeisersnit gebore toe haar ma, Ellie Paton (17), 25 weke swanger was.

Kleinste baba

Volgens die dokters wat Ellie behandel het, het Hannah feitlik geen kans op oorlewing gehad nie en sou onmiddellik geresussiteer moes word. Hannah het alle verwagtinge oortref en het self asemgehaal na haar geboorte.

Sy is nou glo die kleinste baba wat in die VK oorleef het en pas in die palm van haar tienerma se hand.

Ellie het aan The Record gesê Hannah is ‘n regte klein vegtertjie.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.