Bestuurder beseer toe motor omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuurder van ’n motor is beseer toe sy motor hierdie week in Bothalaan in Lyttelton Manor, Tshwane omgeslaan het.

Bestuurder beseer

Netcare 911 het op die oproep van ’n botsing reageer. Die bestuurder van ’n ligte motorvoertuig het beheer verloor waarna die voertuig deur ’n palissade gebars het en op spoorlyne tot stilstand gekom het.

Die enigste insittende, ’n volwasse man, het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal vir verdere sorg vervoer is.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.